Skip to content

I AM WATER-oseane-bewaringstigting in Kaapstad benoem vir 2025 Earthshot-prys

# Die I AM WATER-oseane-bewaringstigting is benoem vir die 2025 Earthshot-prys. Die stigting, wat minderbevoorregte jeug met die see verbind, het wêreldwye erkenning verwerf vir sy Ocean For All-inisiatief. Die stigter Hanli Prinsloo sê hierdie verbintenis transformeer gemeenskappe en meer as 48-duisend-900 jongmense het sedert 2019 baat gevind daarby. Die gesogte Earthshot-prys bied jaarliks ​​20-miljoen-rand aan elk van die vyf wenners, ter viering van pogings om die planeet te herstel.