Skip to content

Hollywood-aktrise Sheila Cannon is grootste trekpleister vir FAME Week Africa

# FAME Week Africa, waar Afrika se kreatiewe bedrywe saamtrek om skouers te skuur, saam te werk en fees te vier, vind hierdie week in Kaapstad plaas. Die Hollywood-aktrise Sheila Cannon van Shonda Rhimes se Netflix-treffer The Residence, is die hoofspreker. Sy is ook die medestigter van Abundant Life University, waar sy aspirant-akteurs, kunstenaars en leiers help om hulself te laat geld. FAME Week Africa bied ook uitstallings, kortflieks, musiek en die jongste modes.