Skip to content

Ramaphosa sê SAOG-ekonomieë moet integreer word om ‘n dinamiese streekmark te bou

# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika se lidmaatskap van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap gaan oor werkskepping en die verbetering van burgers se lewensgehalte. Die land bied hierdie week die 46ste SAOG-beraad in Durban aan. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief geen land in die streek kan op sy eie ‘n geïntegreerde kragstelsel bou, oorgrens-vervoergange ontwikkel, gedeelde waterbronne bestuur of die volle uitwerking van klimaatsverandering weerstaan nie. Hy sê SAOG-lidlande moet hul ekonomieë verbind deur handels-, diens- en nywerheidsdeurgange om groter streeksintegrasie en ekonomiese groei te bevorder.