Skip to content

eSport: SA se Rocket League-span kwalifiseer vir FIFAe Wêreldbeker

# eSport: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging se nasionale Rocket League-span het gekwalifiseer vir die FIFAe Wêreldbeker, nadat hulle die Afrika-streekskwalifiseringsronde oorheers het. Die groep van ses het 13 nasies geklop, insluitend Seychelle en Egipte, voordat hulle teen Marokko as naaswenners uit die stryd getree het. SAFA se uitvoerende hoof, Lydia Monyepao sê die sukses van Rocket League laat hulle uitsien na die groei van e-sport om ‘n geloofwaardige roete vir toekomstige digitale atlete te vestig. Die Wêreldbekertoernooi word in Desember in Saoedi-Arabië gehou.