# Drie Kaapstadse restaurante het die 2025-lys van die wêreld se 100 beste restaurante gehaal. Die lys word deur S.Pellegrino en Acqua Panna geborg en bevat van die mees gesogte eetplekke in die wêreld. La Colombe by die Silvermist-wynlandgoed wat die sesde keer op die lys verskyn, is nommer 55. FYN in Kaapstad se middestad maak sy vyfde verskyning op nommer 82, en Salsify by die Roundhouse in Kampsbaai maak sy eerste verskyning in die 88ste plek.
Drie Kaapstadse restaurante onder wêreld se 100 bestes van 2025