# Die bekroonde musiekblyspel, Chicago, gaan vanjaar Suid-Afrikaanse gehore bekoor met ‘n volledig Suid-Afrikaanse rolverdeling. Die produksie word van 27 Augustus tot 28 September in die Kunstekaap-teater in Kaapstad opgevoer, en daarna vanaf 3 Oktober tot 9 November in die Teatro by Montecasino in Johannesburg. Chicago, wat bekend is vir sy jazz-treffers soos All That Jazz en Cell Block Tango, lewer sterk kommentaar oor roem en korrupsie. Die musiekblyspel spog met ses Tonys, twee Oliviers, een Grammy, twee Baftas en ses Oscar-toekennings.
Chicago, die musiekblyspel keer terug na Suid-Afrika