# Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging vra die publiek om aktief deel te neem aan die proses om die volgende fase van plaaslike regering te hersien, deur insette te lewer op die hersiene konsep‑Witskrif oor plaaslike regering. Die oproep volg nadat die konsepdokument verlede Donderdag deur die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê meer as 100-duisend slim ID-kaarte is binne twee maande verwerk sedert die bekendstelling van die uitgebreide digitale vennootskap tussen die Departement en handelsbanke. Hy sê hierdie veldtog sal lang toue uitskakel deur landwyd dienste na 110 banktakke te bring. Die doel is ook om een-duisend te […]
# Die DA verwelkom die aankondiging van ‘n nuwe leningsooreenkoms ter waarde van 5,8-miljard-rand tussen die Franse Ontwikkelingsagentskap en Transnet om die koolstofuitstralings van die spoor- en hawewerksaamhede te verminder. Andrew de Blocq van die party sê Frankryk is Suid-Afrika se grootste buitelandse belegger. Hy sê hierdie fondse sal gebruik word om oor te skakel […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum versoek die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, om die werk van die Parlement se Ampsklag-komitee met algehele deursigtigheid te bemiddel. Die Forum se leier, Marothi Mashashane, sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-saak het die weg gebaan vir die herlewing van ampsklag-ondersoeke. Hy sê […]
# Die vakbond-federasie SAFTU sê hy het geen formele vergadering met die SAKP se leierskap gehou oor deelname aan die voorgestelde Konferensie van die Linkses nie. Asive Dyani van SAFTU sê geen grondwetlike struktuur van die federasie het gesprek gevoer, gedebatteer of besluit die federasie sal aan die konferensie deelneem of hom daarmee vereenselwig nie. […]
# Eskom sê die gemiddelde onbeplande onderbrekings verlede week het tot elf-duisend-593-megawatt afgeneem. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dit is ‘n vermindering van 964-megawatt vergeleke met die 12-duisend-556-megawatt wat oor dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is, en dra by tot minder druk op die kragnetwerk en meer beskikbare kapasiteit. Sy sê oor dieselfde tydperk was die […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die ANC-lede in die Parlement het die waardes, beginsels en missie van die party versaak. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê die Konstitusionele Hof-uitspraak oor President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-skandaal is weereens ‘n bewys dat die ANC geen respek het vir die Grondwet van die land of Parlementêre […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum sê die ANC moet die mense van Suid-Afrika onvoorwaardelik en in die openbaar om verskoning vra. Die leier, Marothi Mashashane, sê hierdie verskoning moet die fout spesifiek noem, naamlik die gebruik van ‘n parlementêre meerderheid om aanspreeklikheid in die Phala Phala-saak te ontduik. Hy sê deur te erken die […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê sy nuwe administrateur, Hlengani Mathebula, sal binnekort inleidende hoflikheidsvergaderings met instellings en verteenwoordigers in die onderwyssektor reël. Woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê dit sal ‘n platform bied om die huidige stand en toekomstige rigting van NSFAS te bespreek en sal onmiddellik operasionele uitdagings aanpak om waardevolle insigte te […]