# Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nomusa Dube-Ncube, sê dobbelary het ‘n ernstige impak op studente se akademiese prestasie, finansies en geesteswelstand. Dube-Ncube het tydens ‘n Dobbelary- en Studentewelstandsimposium by die Universiteit Stellenbosch gewaarsku studente wat by dobbelary betrokke is, kan klasse misloop, sukkel om te konsentreer en akademies swak presteer. Sy het […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Ouditeur-generaal se jongste munisipale ouditverslag toon plaaslike regeringsmislukkings bly steeds ‘n reusebron van kommer, met geen metro wat in die 2024/25-boekjaar ‘n skoon oudit behaal het nie. Julius Kleynhans van OUTA sê inwoners betaal steeds meer vir dienste terwyl hulle vervallende infrastruktuur en swak dienslewering ondervind. Hy vra […]
# Die Impact Forum sê hy het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen die Departement van Binnelandse Sake ingedien ná ‘n vergadering van belanghebbendes oor die Zimbabwe- en Lesotho-vrystellingspermitprogramme. Die organisasie beweer die regte en vryheid van uitdrukking van sy verteenwoordiger is verlede week tydens die vergadering geskend. Die president van die forum, Rollence […]
# Die Nakomingsinstituut van Suider-Afrika het ‘n nuwe praktiese gids vir die bekamping van geldwassery in Durban en Kaapstad bekendgestel. Die instituut sê dit het ten doel om pogings te versterk wat finansiële misdaad sal bestry en voldoening aan internasionale standaarde sal handhaaf. Dit bied ook praktiese hulp vir instellings om beheermaatreëls teen geldwassery, terrorismebefondsing […]
# Die uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, Richard Stewart, sê sy portefeulje vir Suid-Afrikaanse platinumgroepmetale is die beste ter wêreld en beklemtoon die skaal, buigsaamheid en langtermyngroeipotensiaal daarvan. Stewart het tydens die Suider-Afrikaanse Kapitaalmarkdag gesê die geïntegreerde Rustenburg-, Kroondal- en Marikana-bedrywighede bied ongeëwenaarde geleenthede om waarde te ontsluit en die mynleeftyd te verleng. Hy sê verder […]
# Die EFF-leier Julius Malema het aan die Parlement se ampsklagskomitee wat die Phala Phala-saak ondersoek, gesê besluite is deur ‘n demokratiese proses geneem en deur ‘n meerderheid lede ondersteun. Malema verwerp bewerings dat ‘n parlementêre meerderheid uitkomste afgedwing het en sê koalisiepolitiek vereis betrokkenheid deur alle partye. Hy kritiseer ook die speaker se hantering […]
# Die ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke sê munisipaliteite het ‘n indieningskoers van 98-persent vir finansiële state bereik, wat ‘n belangrike mylpaal in voldoening is. Sy het tydens ‘n inligtingsessie vir die Parlement se Komitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake gesê slegs twee munisipaliteite het nie state ingedien nie, teenoor tien verlede jaar. Maluleke waarsku verbeterings […]
# Die Re.Bag.Re.Use-inisiatief vier Wêreldherwinningsdag deur vyf jaar van die omskakeling van broodsakkies na nuttige items te vier. Die projek wat in 2021 begin is, gee werk aan 21 vroue wat byna 200-duisend broodsakkies herwin het en in items soos sakke, matte, hoede en huisdekor omskep het, met ‘n deel van die opbrengs wat plaaslike […]
# Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Julius Mkhwanazi, het bewerings ontken dat hy betrokke was by kabeldiefstal in die Vaaldriehoek en die bewerings as “suiwer leuens” beskryf. Mkhwanazi het voor die Madlanga-kommissie gesê hy het bewyse ingedien wat toon die kabels wat herwin was, is gekoppel aan ‘n operasie in Mpumalanga wat gesteelde […]