# Die Kantoor vir Gesondheidstandaardvoldoening is ernstig bekommerd oor die berigte van mense wat hulle voordoen as inspekteurs en geld van niksvermoedende gesondheidsorgpraktisyns vra. Die Kantoor se woordvoerder, Ricorado Mahlakanya sê die waarskuwing volg nadat inligting ontvang is oor ‘n individu wat valslik beweer hy het ‘n inspeksie by ‘n gesondheidsorgpraktyk gereël. Hy sê die […]
# Dit is dag twee van die kiesersregistrasienaweek en die Forum for South Africa vra meer deursigtigheid in verkiesingsprosesse, streng afdwinging teen verkiesingsbedrog en aanspreeklikheid op alle politieke vlakke. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, beklemtoon die ware toets van demokrasie lê nie in die gereedheid nie, maar in deelname en vertroue. Hy is diep bekommerd […]
# Eskom het ‘n reuse 85-persent daling in sy dieseluitgawes vir die huidige boekjaar aangekondig, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is danksy ‘n merkbare verbetering in energie-beskikbaarheid en minder onbeplande onderbrekings. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieselbesteding beloop tans 640,27-miljoen-rand teen ‘n gebruiksvlak van 1,30-persent vir die oopsiklus gasturbines, wat aansienlik laer is […]
# Die Activists and Citizens Forum vra die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, om die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie onmiddellik te ontbind. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê dié eenheid bevorder wanorde en onbestendigheid in die land. Hy sê die direktoraat is in ‘n terugveg-veldtog teen die polisie en teiken glo sekere beamptes, […]
# Adjunkminister in die Presidensie Nonceba Mhlauli sê die Pesidensiële Jeugindiensnemingsprogram vorder steeds beduidend in sy poging om jong Suid-Afrikaners met inkomstegeleenthede te verbind. Sy het op ‘n nuuskonferensie in Pretoria gesê altesaam 155-duisend-161 nuwe geleenthede is gedurende die vierde kwartaal van die 2025/2026-boekjaar verseker. Die adjunkminister sê die PYEI dien as ‘n multi-sektorale aksieplan […]
# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Alexandra Abrahams, sê die regering is daartoe verbind om produktiwiteit regoor die vervaardigingswaardeketting te verbeter en Suid-Afrikaanse vervaardigers te posisioneer om toegang tot nuwe streeks- en globale markte te verkry. Sy het by die KwaZulu-Natal Klere- en Tekstielgroep se jaarvergadering beklemtoon dat die toekoms van Suid-Afrikaanse vervaardiging […]
# Deputy Minister in the Presidency, Kenny Morolong says climate change, technological advancement, artificial intelligence, digitalisation and changing patterns of production are reshaping economies across the globe. He says these disruptions bring risk, but they also create new industries, new skills and new forms of work. Morolong says the green economy is one of the […]
# Die Padongelukkefonds moedig jongmense aan om ‘n aktiewe rol te speel in die verbetering van padveiligheid gedurende Jeugmaand. Hy waarsku jongmense is steeds onder die kwesbaarste padgebruikers, wat meer as 50-persent van padsterftes verteenwoordig. Die fonds sê waaghalsige gedrag soos spoed en roekelose bestuur veroorsaak steeds ongelukke. Die Fonds gaan voort met die jeugbestuurderontwikkelingsprogram, […]
# The Road Accident Fund urges young people to take an active role in improving road safety during Youth Month. They warn that young people remain among the most vulnerable road users, accounting for just over 50-percent of road fatalities. The fund says risky behaviour such as speeding, reckless and distracted driving continues to drive […]