# Die Vryheidsfront Plus gaan ʼn amptelike klagte by die Menseregtekommissie en die parlementêre Etiekkomitee indien teen die MK-lid Andile Mngxitama oor sy opmerkings oor plaasaanvalle. Hy het op sosiale media gesê die boer van Noordwes, Donovan Marx, wat verlede week wreed aangerand is, is ʼn gronddief en sy ore is afgesny as simbool dat gronddiewe nie wil luister nie. Heloise Denner van die VF Plus sê dis niks anders as suiwer haatspraak nie:
VF Plus gaan klagte indien teen Mngxitama van MK-party oor plaasaanval-aanmerkings [KLANK]
AFR DennerONFarmAttack