# President Cyril Ramaphosa sê grondhervorming gaan oor die herstel van waardigheid en die regstelling van ongeregtighede in die verlede. Die president het ‘n oorhandigingseremonie vir titelaktes in Setlagole in die Noordwes gelei. Meer as 300 huishoudings in Setlagole en Madibogo het titelaktes ontvang ingevolge die regering se grondhervormingsprogramme, terwyl boere volle eienaarskap van voorheen […]
# Parlement se portefeuljekomitee oor Gesondheid het die Tussentydse Raad vir Tradisionele Gesondheidspraktisyns gekritiseer omdat die Wet op Tradisionele Gesondheidspraktisyns byna twee dekades ná sy goedkeuring steeds nie volledig toegepas word nie. Voorsitter, Faith Muthambi, sê die gebrek aan regulasies, toepaslike afdwingingsmeganismes en ‘n nasionale register vir praktisyns stel gemeenskappe steeds bloot aan onveilige praktyke. […]
# Die Forum for South Africa sê ‘n besluit deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die terugkoopkoers met 25 basispunte te verhoog, is ‘n ekonomiese straf vir die armes en die werkersklas. Die terugkoopkoers is nou sewe-persent, met die prima uitleenkoers wat van 10,25-persent tot 10,5-persent styg. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê […]
# ‘n Parlementslid van die MK-party, Vusi Shongwe, is genader om voor die Madlanga-kommissie te getuig ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi. Shongwe het aan die Parlement se Ad Hoc-komitee gesê sy getuienis hou verband met ‘n vergadering in Durban wat hy op uitnodiging van die hoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan bygewoon […]
# President Cyril Ramaphosa says land restitution is about restoring dignity and correcting historical injustice. The president led a title deed handover ceremony in Setlagole in the North West. Over 300 households in Setlagole and Madibogo received title deeds under government land reform programmes, while farmers were granted full ownership of previously leased state land. […]
# ‘n Ontploffing in die vroeë oggendure het ‘n tweede Woolworths-winkel getref, hierdie keer in Bloemfontein, nadat ‘n soortgelyke voorval in die Menlynpark-winkelsentrum in Pretoria vroeër die week plaasgevind het. Volgens berigte het ‘n ploftoestel binne in die winkel ontplof. Geen beserings is aangemeld nie. Owerhede ondersoek die omstandighede rondom die ontploffing en of die […]
# Drie buitelandse burgers het in die Musina-landdroshof in Limpopo verskyn en sal in aanhouding bly tot 5 Junie in verband met ‘n dwelmvonds van byna een-miljard-rand by die Beitbrug-grenspos. Die verdagtes, ‘n Malawiese man en vrou en ‘n Zambiese man, is in hegtenis geneem nadat amptenare van die Grensbestuursowerheid ‘n Malawi-geregistreerde vragmotor onderskep het […]
# Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Refilwe Mtshweni-Tsipane, sê Begrotingspos 2 word beskou as die mense se begroting aangesien dit die Parlement se kern grondwetlike verantwoordelikhede befonds. Mtshweni-Tsipane het in die Parlement gesê die toewysing ondersteun wetgewing, uitvoerende toesig, openbare deelname, interregeringsverhoudings en internasionale samewerking. Sy voeg by die begroting versterk ook […]
# A second Woolworths store has been hit by an explosion – this time in Bloemfontein in the early hours of this morning, following a similar incident at Menlyn Park Shopping Centre in Pretoria earlier this week. Reports say an explosive device detonated inside the store, prompting emergency services and police to respond. No injuries […]