# Die Regterlike Dienskommissie het die verhoor teen Oos-Kaapse Hooggeregshofregter Belinda Hartle begin oor beweerde rassistiese opmerkings teenoor die Hooggeregshofklerk Thozamile Semekazi. Die getuienisleier, advokaat Thabang Kalakgosi sê die toets is of ‘n redelike persoon Regter Hartle se beweerde opmerkings as beledigend, vernederend en rasisties aanstootlik sou beskou. Semekazi het emosioneel geraak terwyl hy die 2025-voorval beskryf het. Kalakgosi het gesê Semekazi het dit verstaan as gerig op hom en as rassisties beledigend ervaar:
Dienskommissie-tribunaal hoor getuienis teen regter Belinda Hartle [KLANK]
ENG-KalakgosiOnHartle