Skip to content

IDAC swyg oor die beweerde kritieke toestand van sy geskorste hoofondersoeker, Dylan Perumal

# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie gaan nie kommentaar lewer oor die persoonlike aangeleenthede van die geskorste hoofondersoeker, Dylan Perumal, nie. Dit volg na berigte dat hy Vrydag in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal in GuKompo-stad in die Oos-Kaap geneem is na ‘n beweerde selfmoordpoging. Daar is verwag dat Perumal binnekort voor die Madlanga-kommissie ondervra sou word. Hy is in Julie, tesame met ander ondersoekers, geskors ná bewerings van vervalste getuieverklarings en magsmisbruik. Versoeke is gedoen vir onafhanklike mediese evaluering.