# Business Leadership South Africa sê bestendige koalisie-regerings, vinniger toegang tot opgeleide buitelandse werkers en nuwe handelsooreenkomste is noodsaaklik om beleggings te lok en werksgeleenthede te skep. BLSA het ook die goedkeuring van 71 maatskappye vir versnelde visums vir opgeleide werkers verwelkom en gevra die skema moet uitgebrei word. In haar weeklikse nuusbrief moedig die uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso politieke partye aan om dienslewering te prioritiseer wanneer koalisies in groot metropolitaanse gebiede, veral Johannesburg, gevorm word. Mavuso sê besighede staan gereed om munisipaliteite met vaardighede en hulpbronne te ondersteun.
Business Leadership South Africa vra bestendige metrokoalisies om beleggersvertroue te versterk