# Die Standard Bank-ekonoom Elna Moolman sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se rentekoersverhoging van 25 basispunte kan die laaste verhoging in die huidige rentekoerssiklus wees. Volgens Moolman was stygende brandstofpryse ‘n belangrike rede vir die verhoging, aangesien petrolpryse in September weer gestyg het en moontlik in Oktober verder sal styg. Moolman het bygevoeg daar is nog […]
# Die vakbondfederasie COSATU het skerp kritiek uitgespreek teen die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent te verhoog, en dit as uiters teleurstellend en ontydig bestempel. Die federasie voer aan die verhoging sal huislenings en ander skuld duurder maak vir werkers wat reeds swaarkry en met hoër brandstof-, vervoer- […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank verwag dat inflasie teen laat volgende jaar na die teiken van drie-persent sal terugkeer, ondanks ‘n styging op die kort termyn wat deur hoër brandstofpryse aangedryf word. Volgens die bank bly voedselinflasie laag, terwyl wêreldkonflikte, oliepryse en ander voorsieningsprobleme steeds risiko’s inhou. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, het aan […]
# Build One South Africa sê hy sal ‘n skoon en eerlike veldtog voer in die aanloop tot die plaaslikeregeringverkiesing op 4 November. BOSA neem in 24 munisipaliteite deel met 794 kandidate. Die partyleier Mmusi Maimane het tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode gesê kiesers moet vry wees om die party te kies wat hul […]
# Die hoofekonoom van KPMG, Frank Blackmore, sê die daling in kerninflasie tot 4,1-persent in Augustus is ‘n positiewe teken, nadat kerninflasie die afgelope maande toegeneem het. Blackmore sê egter die hoër olie- en brandstofpryse veroorsaak opwaartse druk op vervoerkoste, wat bydra tot algehele inflasie. Hy sê behuising en nutsdienste is steeds die grootste bydraers […]
# Die Nasionale Seereddingsinstituut vier bykans 60 jaar van lewensredding op Suid-Afrika se waters, met vieringe wat saamval met Erfenisdag en Wêreldmaritieme-dag. Die NSRI is in 1967 gestig na 17 vissermanne in 1966 naby Stilbaai dood is, wat daartoe gelei het dat Patti Price, ‘n onderwyseres van Simonstad, haar vir ‘n seereddingsdiens begin beywer het. […]
# Suid-Afrika sal moontlik meer as 129,9-miljard-rand nodig hê om twee staatsbeheerde raffinaderye wat tans buite werking is, weer in bedryf te stel om sodoende energiesekerheid te versterk. Die Sentrale Energiefonds sê die heraktivering van SAPREF in Durban kan ongeveer 116,1-miljard-rand beloop, met ‘n finale beleggingsbesluit wat vir 2027/28 beoog word. Die gas-tot-vloeistof-raffinadery in Mosselbaai […]
# Die DA sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens het 15 maande nadat die probleem die eerste keer uitgewys is, nog nie sy misdaadsyfers oor vroue en kinders reggestel nie. Die polisie het op ‘n vergadering van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie bevestig die probleem is nog nie opgelos nie. Die DA-lid, Ian Cameron, sê die […]
# ‘n Professor in Kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, Christiaan Bezuidenhout, sê Suid-Afrika het 187-duisend-681 polisielede, maar slegs sowat 25-duisend operasionele beamptes is op ‘n gegewe tydstip beskikbaar. Die polisiediens het 155-duisend-231 beëdigde polisielede en 32-duisend-413 burgerlike werknemers wat nie by operasionele wetstoepassing betrokke is nie. Bezuidenhout sê ná skorsings, verlof en afwesigheid bly […]