Skip to content

Malema stel regseis in teen Helen Zille oor beweerde lasterlike opmerkings

# Die EFF se leier, Julius Malema, het ‘n formele regseis ingestel teen die DA se federale voorsitter, Helen Zille, oor ‘n onderhoud met eNCA. Sy het beweer hy het besluite in die Stad Johannesburg dikteer, City Power gekaap, die vloottender tot sy en sy frontmaatskappye se voordeel beïnvloed, en gelas dat Shadrack Sibiya aangestel word as hoof van die metro se teen-korrupsie-eenheid. Malema sê die bewerings is vals en lasterlik. Hy het Zille tot môre tyd gegee om dit terug te trek en verskoning te vra.