# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot 7,25-persent verhoog, weens hoër brandstofpryse en toenemende inflasierisiko’s. Die besluit was eenparig en het die uitleenkoers tot 10,75-persent laat styg. Die president van die bank, Lesetja Kganyago het aan die media gesê inflasie sal na verwagting later vanjaar en vroeg volgende jaar tot bo […]
# Biskop Azwihangwi Maumela het om verskoning gevra en opmerkings teruggetrek wat hy gemaak het na die geskorste adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya se hofverskyning vir seksuele oortredings. Maumela sê hy het oor sy opmerkings besin en aanvaar dat hy die saak met groter sensitiwiteit moes hanteer het, veral omdat ‘n minderjarige betrokke is. Maumela het bewerings […]
# Suid-Afrika se jaarlikse voedselprysinflasie het vir die eerste keer in nege maande toegeneem, hoewel dit steeds relatief laag bly. Statistiek Suid-Afrika sê voedselprysinflasie het van 0,9-persent in Julie tot 1,1-persent in Augustus gestyg. Algehele inflasie het ook effens toegeneem van 4,3-persent tot 4,4-persent. Kerninflasie, wat brandstof-, voedsel- en elektrisiteitspryse uitsluit, het egter effens verbeter […]
# The South African Reserve Bank has raised the repo rate by 25 basis points to 7.25-percent, citing higher fuel prices and growing inflation risks. The decision was unanimous, pushing the lending rate up to 10.75-percent. Governor Lesetja Kganyago told the media inflation is expected to rise above five-percent later this year and early next […]
# Die LUR vir Vervoer en Gemeenskapsveiligheid in Limpopo, Nakedi Kekana, vra padgebruikers om versigtig te wees, aangesien verkeersvolumes na verwagting vanaf môre tot Maandag in die skoolvakansie sal toeneem. Kekana se woordvoerder, Dali Tshifhiwa, sê die provinsie bied die St Engenas ZCC-pelgrimstog op Moria en die Phalaphala FM-koninklike erfenisfees in Vhembe aan. Hy sê […]
# Die voedsel- en drankmaatskappy, PepsiCo, het bevestig die ikoniese graankos ProNutro gaan na 64 jaar nie langer in Suid-Afrika beskikbaar wees nie. Die besluit volg na ‘n terugslag vroeër vanjaar toe die maatskappy die oorspronklike produk vervang het met ‘n nuwe weergawe waarvan die smaak, tekstuur en reuk deur baie verbruikers gekritiseer is. PepsiCo […]
# Die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya, sê die Verkiesingsgedragskode is noodsaaklik vir vrye en regverdige verkiesings. Hy het tydens die ondertekening-seremonie voor die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November gesê dit bied aan 136-duisend-790 kandidate gelyke geleenthede om veldtogte te voer sonder intimidasie, geweld of onbillike verwringing. Moepya waarsku oortredings kan die verkiesingsproses ondermyn. […]
# Food and beverage company PepsiCo has confirmed it’s discontinuing ProNutro in South Africa, ending the iconic cereal’s 64-year run. The decision follows a bruising backlash earlier this year, when the company replaced the original with a new-generation version that many consumers rejected over its taste, texture and smell. PepsiCo says despite months of effort, […]
# ‘n Sakeman van Limpopo word van ernstige oortredings aangekla nadat hy vandag in die Landdroshof in Polokwane verskyn het. Die eienaar van die Limpopo-anti-dwelmsentrum, Tsebe Moloto, is uit op borgtog van 50-duisend-rand in ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging. Die staat het aanklagte van brandstigting, betreding en vyf van poging tot moord bygevoeg. Moloto word […]