# The National Director of Public Prosecutions has provisionally withdrawn criminal charges against the head of Crime Intelligence Dumisani Khumalo, the head of the police’s Crime Intelligence Technical Support Services, Dineo Mokwele and their co-accused. The decision follows representations made by the accused and advice from the Investigating Directorate Against Corruption that further investigation is […]
# Die Madlanga-kommissie het die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor die bedrogsaak teen Generaal-majoor Nosipho Madondo. Die getuienisleier Mahlape Sello het gevra watter bedrieglike gedrag Madondo na bewering gepleeg het met betrekking tot haar oorplasing na ‘n ander pos. Johnson het gesê die bewerings is vervat in verklarings in die […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê strafregtelike aanklagte sal aanhangig gemaak word nadat die identiteit van ‘n beskermde getuie na bewering doelbewus uitgelek is. Madlanga sê die getuie het anoniem in ‘n geslote sitting voor die kommissie getuig. Hy sê die kommissie sal regstappe doen teen die persoon wat verantwoordelik is vir […]
# Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging het die strafregtelike aanklagte teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, asook die hoof van die polisie se Tegniese Ondersteuningsdienste by Misdaadintelligensie, Dineo Mokwele en hul medebeskuldigdes voorlopig teruggetrek. Die besluit volg na vertoë deur die beskuldigdes en advies deur die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie dat verdere ondersoeke nodig […]
# Lamb Champs het die bekendstelling van sy eerste internasionale uitnodigingskompetisie aangekondig. Suid-Afrika en Namibië sal op 31 Oktober in Pretoria kragte meet. Die nuwe kompetisie sal spanne van tien skaapboere vanuit elke land insluit en het ten doel om Lamb Champs uit te bou tot ‘n internasionale platform wat topgehalte-lamsvleis en uitnemendheid in die […]
# Die Industriële Ontwikkelingskorporasie het die SAOG Industrialiseringsweek in KwaZulu-Natal versoek om veerkragtige waardekettings te bou. Die waarnemende Afdelingsbestuurder vir Strategie en Korporatiewe Sake, Phiwe Marumo, sê die fokus op die bevordering van streeksindustrialisering deur infrastruktuurontwikkeling, landbou en die transformasie van kritieke mineraalbronne is belangrik. Sy het tydens die konferensie ‘n beroep gedoen op sterker […]
# ‘n Man wat aangekla word van poging tot moord op die MK-party se distriksekretaris in Ilembe, Zanele Mbhamali en haar man, het vandag in die Distrikshof in Ndwedwe, KwaZulu-Natal verskyn. Die saak is tot 3 Augustus uitgestel om die beskuldigde toe te laat om regsverteenwoordiging te bekom. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ondersoeke het […]
# Die Suid-Afrikaanse chirurg Kirthi Ramdhani het die eerste dokter in Afrika geword om in beide pediatriese chirurgie en plastiese- en rekonstruktiewe chirurgie te kwalifiseer. Die 38-jarige van Tongaat in KwaZulu-Natal het hierdie mylpaal bereik nadat sy haar tweede spesialiskwalifikasie voltooi het. Haar prestasie word beskou as ‘n belangrike mylpaal vir gespesialiseerde gesondheidsorg in Afrika. […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het Infrastruktuur Suid-Afrika se Projekvoorbereidings-bodvenster Drie van stapel gestuur om groot infrastruktuurprojekte te bespoedig. Die inisiatief sal openbare instellings ondersteun in die ontwikkeling van projekte wat gereed is vir beleggings ter waarde van een-miljard-rand of meer. Macpherson sê swak projekvoorbereiding vertraag dikwels konstruksie en belegging. […]