# Coca-Cola HBC, wat in Switserland geleë is, het goedkeuring verkry vir ‘n sekondêre notering op die Johannesburgse Aandelebeurs en verhandeling sal na verwagting 23 November begin. Die stap hou verband met sy beplande verkryging van ‘n 75-persent belang in Coca-Cola Beverages Africa, wat 27 November afgehandel word. Die ooreenkoms sal Coca-Cola HBC die tweede grootste verspreider van Coca-Cola-drankies ter wêreld maak, volgens verkoopsvolume, met sowat 1,2-miljard verbruikers in sy afsetgebiede. Die notering bied ook aan plaaslike beleggers regstreekse toegang tot aandele in hierdie internasionale botteleringsgroep.
Coca-Cola HBC verseker notering op Aandelebeurs voor groot verkryging in Afrika