# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê die inhegtenisneming van ‘n sekuriteitsbeampte wat by die kantore van die Nasionale Vervolgingsgesag in Durban diens gedoen het, laat ernstige vrae ontstaan oor die keuringsproses vir privaat sekuriteitspersoneel. Die verdagte, wat teregstaan op 15 aanklagte van verkragting, is na bewering met DNS verbind aan aanvalle in Durban en Pietermaritzburg tussen 2014 […]
# Suid-Afrika het in Augustus meer as ‘n miljoen internasionale toeriste verwelkom, ‘n toename van 7,4-persent vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die minister van toerisme, Patricia de Lille, sê die toename dui op ‘n sterk belangstelling in Suid-Afrika en behoort gebruik te word om meer werksgeleenthede, beleggings en geleenthede te skep. Die ministerie se […]
# Die Universiteit van Kaapstad het met 17 plekke tot die 147ste plek in die Times Higher Education-wêrelduniversiteitsranglys vir 2027 opgeskuif. Die instelling beklee steeds die hoogste plek in Afrika en hy het sy hoogste algehele telling op die ranglys sedert 2016 behaal. Die universiteit sê verbeterings in navorsing en onderrig was van die hooffaktore […]
# AgriSA en die Instituut vir Sekerheidstudies het ‘n ooreenkoms onderteken om landelike veiligheid te verbeter. Die organisasies sal inligting oor misdaad in landelike gebiede insamel, deel en daaroor verslag doen ten einde ‘n betroubare beeld van die probleem te vorm. Die inligting sal help om die oorsake van landelike misdaad te identifiseer, veiligheidsmaatreëls te […]
# AfriForum sê die hersiene elektrisiteits-prysbeleid moet duidelike gevolge hê vir die energiereguleerder, Eskom en munisipaliteite wat versuim om reëls na te kom. Hy is bekommerd oor moontlike geskiedkundige kostes, munisipale bybetalings en vaste elektrisiteitskoste, en waarsku verbruikers kan bykomende koste ondervind. AfriForum sê die nuwe beleid kan misluk sonder behoorlike afdwinging en deursigtigheid. Woordvoerder […]
# Die Madlanga-kommissie sal vir die volgende twee weke sittings agter geslote deure hou om getuienis aan te hoor wat nie in die openbaar bekendgemaak kan word nie weens hangende ondersoeke en vertroulike materiaal. Openbare sittings sal op 9 November hervat, ná die plaaslike verkiesing op 4 November. Jeremy Michaels van die kommissie sê ‘n […]
# Suid-Afrika se staatsbeheerde batebestuurder, die Openbare Beleggingskorporasie, het ‘n massiewe toename van 20-persent in bates onder sy bestuur aangeteken. Die OBK het aangekondig sy portefeulje het in die afgelope boekjaar tot ‘n rekordhoogte van meer as 3,6-duisend-miljard-rand gestyg. Die batebestuurder skryf die geskiedkundige groei toe aan die florerende plaaslike aandelemarkte en positiewe beleggersvertroue onder […]
# Die Borsbeeldingvereniging van Suid-Afrika sê tydens die maand van bewusmaking oor borskanker, vroue moet nie toelaat dat vrees of mites ‘n diagnose van borskanker vertraag nie. Die organisasie sê verkeerde inligting oor mammogramme, biopsies en behandeling kan vroue daarvan weerhou om hulle te laat ondersoek. Carine Kabanga van die vereniging sê mammogramme is veilig […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê kunsmatige intelligensie kan Suid-Afrika se arbeidsmark hervorm sonder om grootskaalse afleggings te veroorsaak. Die aanvanklike uitwerking sal eerder werwing vertraag, wat dit moeiliker sal maak vir jongmense om hul eerste aanstelling te kry. Hoewel kunsmatige intelligensie die vraag in sekere professionele sektore kan laat afneem, sê die Buro […]