Skip to content

Hill-Lewis sluit nie die moontlikheid uit om die DA se rol in die RNE te hersien nie

# Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sluit nie ‘n moontlike hersiening van die party se rol in die regering van nasionale eenheid uit nie. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het verlede week besluit die DA moet slegs as ‘n laaste uitweg gebruik word om koalisie-regerings in plaaslike munisipaliteite te vorm. Die ANC-Jeugliga het ook volgehou president Cyril Ramaphosa moet die DA uit die regering verwyder. Hill-Lewis sê die ANC se standpunt is duidelik, maar sy party sal doen wat die beste is vir Suid-Afrika.