# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die publiek verseker daar is geen tekort aan toetsstelle vir bewyse van verkragting vir volwassenes of kinders nie. Volgens Cachalia is die stelle landwyd beskikbaar, en meer word versprei om fasiliteite volledig te voorsien. Die woordvoerder van die Polisieministerie, Kamogelo Mogotsi, sê die stelle is noodsaaklik […]
# ActionSA het planne aangekondig om ‘n wetsontwerp op deursigtigheid van steunwerwing deur privaat lede in te stel om professionele voorspraak te reguleer en deursigtigheid in regeringsbesluitneming te verbeter. Die woordvoerder van die party, Lerato Ngobeni sê die voorgestelde wetgewing sal ‘n openbare register van voorspraakmakers vestig, openbaarmaking van verbintenisse met openbare amptenare vereis, afkoelperiodes […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party se hoogste prioriteit is om die stygende lewenskoste aan te pak. Mbalula het die regering versoek om brandstofheffingverligting te oorweeg om vervoer- en voedselkoste te verminder, aangesien wêreldwye konflikte olie- en kunsmispryse laat styg. Hy het die regering ook aangespoor om voor te berei […]
# Die Departement van Wetenskap, Tegnologie en Innovering sê innovasie sal sentraal staan om industrialisering regoor die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap teweeg te bring. Die direkteur-generaal Mlungisi Cele, het tydens die SAOG se Industrialiseringsweek in KwaZulu-Natal, aan die SABC gesê wetenskap, tegnologie en industrialisering moet saam vorder. Hy het klem gelê op belegging in navorsing, wiskunde- en […]
# Die geskorste uitvoerende hoof van die Openbare Beleggingskorporasie, Patrick Dlamini, het ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy voorsorgskorsing te betwis. Dlamini voer aan die OBK-raad het onwettig opgetree deur hom te skors sonder om die besluit behoorlik te oorweeg, en hy het van sy skorsing deur mediaberigte te hore […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê Suid-Afrika se infrastruktuurmislukkings is ‘n belangrike oorsaak van swak ekonomiese groei. ‘n Ekonomiese beleidsontleder, Anlu Keeve, sê in ‘n nuwe verslag onbetroubare water-, krag-, spoor- en hawedienste ontmoedig beleggings, verhoog sakekoste en verminder belastinginkomste. Die verslag voer aan beleidsmislukkings, swak instandhouding, swak verantwoordbaarheid en ondoeltreffende verkryging veroorsaak die afname. […]
# Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die inhegtenisneming van twee voormalige Binnelandse Sake-amptenare en vier lede van die publiek oor beweerde bedrog en korrupsie. Die saak hou verband met onreëlmatige laat registrasie van ‘n geboorte by die Malamulele-kantoor van Binnelandse Sake in Limpopo. Die Valke het die verdagtes in hegtenis geneem ná […]
# Die Madlanga-kommissie het die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, ondervra oor ‘n dagvaarding wat sy gemagtig het vir bevorderings binne die Taakspan vir Politieke Moorde. Kommissarisse het haar uitgedaag nadat sy voorheen getuig het sy het eers by die kommissie bewus geword die eenheid word ondersoek. Die getuienisleier, Mahlape Sello […]
# Suspended Public Investment Corporation CEO Patrick Dlamini has launched an urgent application in the High Court in Pretoria to challenge his precautionary suspension. Dlamini argues the PIC board acted unlawfully by suspending him without properly considering the decision, and he learnt of his suspension through media reports. His suspension last week follows an anonymous […]