# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy bly gefokus op die beskerming van inflasie-geloofwaardigheid te midde van voortslepende wêreldwye en plaaslike onsekerheid. President Lesetja Kganyago waarsku stygende oliepryse, geopolitieke spanning en klimaat-verwante skokke laat inflasie styg en ekonomiese groei verswak. Hy sê die bank se prioriteit is om inflasie-verwagtings te anker en mettertyd weer op sy […]
# Build One South Africa sê die rentekoersverhoging van sewe persent sal die lewe moeiliker maak vir huishoudings en besighede wat reeds onder finansiële druk is. Die party voer aan die verhoging van 25 basispunte sal skuldterugbetalings verhoog terwyl baie mense reeds sukkel om deur die maand te kom. Roger Solomons van BOSA sê die […]
# ʼn Nuwe studie van Suid-Afrikaanse sorghum-bio-etanol het goeie handelspotensiaal gevind vir die vervaardiging van bio-etanol deur gewasse soos sorghum en suikerriet te gebruik. Boere en leiers in die bedryf het by ʼn byeenkoms in Sandton gesê ʼn duidelike aanvraag, bestendige pryse en regeringsondersteuning is nodig voor grootskaalse gewasaanplanting kan begin. Die studie in opdrag […]
# ʼn Ekonoom aan die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verhoog, is ʼn voorsorgmaatreël teen toekomstige inflasie. Hy sê egter daar is steeds beperkte bewys van sterker inflasie-verwagting en die verhoging se tydsberekening is debatteerbaar gegewe die swak groeivooruitsig. Parsons […]
# Die Hooggeregshof in Johannesburg het die eienaars van Marble Towers in die middestad se dringende aansoek met koste van die hand gewys. Die hof het die eienaars gelas om nie verder strukture in en om die gebou op te rig nie, en verklaar dit is onregmatig aangesien daar geen goedgekeurde bouplanne is nie en […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, verwelkom die ondertekening van ʼn belangrike eindpunt-operateur-ooreenkoms vir ʼn fasiliteit vir vloeibare aardgas by die Ngqura-hawe in die Oos-Kaap. Creecy sê die projek is ʼn bepalende stap na energiesekerheid, infrastruktuurontwikkeling en ekonomiese groei. Die ooreenkoms gee goedkeuring dat die Strategiese Brandstof-fonds ʼn fasiliteit bou om vloeibare aardgas in […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent verhoog weens hoër inflasie. Stygende oliepryse wêreldwyd, voortslepende geopolitieke spanning en onlangse oorstromings het die land se ekonomiese vooruitsigte verswak en inflasie laat styg. Die bank se president, Lesetja Kganyago, sê inflasie het in April tot vier-persent toegeneem, hoofsaaklik weens brandstof- en vervoerkoste, […]
# The South African Reserve Bank has increased the repo rate by 25 basis points to seven-percent due to rising inflation risks. Rising global oil prices, ongoing geopolitical tensions and recent flooding have weakened the country’s economic outlook and pushed inflation higher. Governor Lesetja Kganyago says inflation rose to four-percent in April, driven mainly by […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê Afrika bly ekonomies oneweredig weens ’n gebrek aan ontwikkeling in die vervaardiging- en nywerheidsektor, ondanks sy uitgebreide natuurlike hulpbronne. Hy het op die EFF se Afrikadag-beraad in Pretoria gesê Afrika dra slegs sowat 2,5-persent by tot die wêreldekonomie terwyl dit bykans 18-persent van die wêreld se bevolking verteenwoordig. Malema […]