# Bloomberg en twee Wall Street-handelsfirmas het volgens berigte ingestem om te betaal vir vinniger toegang tot die Amerikaanse president Donald Trump se plasings op sy Truth Social-platform. Reuters berig Susquehanna International Group en Jump Trading is ook intekenare op die diens, wat tussen een-miljoen en 1,67-miljoen-rand kos. Die stroom kan Trump se plasings ongeveer 50-millisekondes vinniger lewer, wat aan geoutomatiseerde handelaars ’n moontlike voordeel bied wanneer sy uitsprake markte beïnvloed. Trump Media sê die diens is ’n standaardbedryfsproduk en betwis die berigte. Die etiese en wetlike aspekte is nou onder die soeklig.
Trump se Truth Social verkoop vinniger toegang tot sy plasings aan Bloomberg en handelsfirmas