Skip to content

Solidariteit by die Withuis om steun te werf vir Suid-Afrika se insluiting by AGOA

# Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrikaanse werkers moet nie ly as gevolg van die diplomatieke geskil tussen Suid-Afrika en die VSA nie. Die vakbond doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend met belanghebbendes in gesprek te tree om handelsbande te beskerm en werksgeleenthede te beveilig. Solidariteit vergader vandag met president Donald Trump se administrasie in die Withuis in ‘n poging om te verhoed dat Suid-Afrika van die Wet op Groei en Geleenthede uitgesluit word. Jaco Kleynhans van Solidariteit waarsku die verlies van toegang tot die handelsooreenkoms kan uitvoerders benadeel en werksgeleenthede bedreig.