Skip to content

Bryan Adams bring sy Roll with the Punches-toer in 2026 na Suid-Afrika

# Die Kanadese rock-legende Bryan Adams bring in April volgende jaar sy Roll with the Punches-toer na Suid-Afrika. In sy loopbaan van vier dekades het Adams ʼn Grammy gewen en nommer-een-treffers in meer as 40 lande gehad. Hy spog ook met drie Oscars en vyf Golden Globe-benoemings. Sy treffers sluit in Everything I Do I Do It for You, Summer of ’69 en Run to You. Adams gaan in Kaapstad, Pretoria en Durban optree. Kaartjies is van Vrydag af te koop.