# ‘n Ballerina van Boksburg in Gauteng, Abigail Sandwell, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig op vanjaar se Wêreldbeker-dans-eindronde in Spanje. Sy dans sedert die ouderdom van drie en is bekroon met die hoogste toekennings, insluitend goud op die Oos-Randse Dansfees en die hoofrol as die Juweel-feetjie in Sleeping Beauty. Sandwell het ‘n BackaBuddy-veldtog geloods met die hoop dat Suid-Afrikaners sal help om haar droom te verwesenlik om op die wêreldverhoog te dans. Die eindronde word van 3 tot 12 Julie gehou.
Ballerina van Boksburg gekies om SA in Spanje te verteenwoordig