# Rugby: Die All Blacks se hoofafrigter, Dave Rennie, het ‘n sterk groep van 36 aangewys vir volgende maand se Nasieskampioenskaps-wedstryde in Europa. Codie Taylor is kaptein in die toetse teen Skotland, Wallis en Engeland. Die Highlanders se loskopstut, Saula Ma’u, en die Chiefs se losskakel, Josh Jacomb, is die enigste nuwelinge. Verskeie spelers keer […]
# President Cyril Ramaphosa het die paneel se verslag ontvang oor die vloot-oefening Will of Peace. Hy het die paneel in Februarie aangestel om ondersoek te doen na die omstandighede rondom die oefening, gelei deur China, in Valsbaai in die Wes-Kaap. Dit het gevolg op kommer dat sy opdrag om die Iranse Vloot te laat […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê stadions moet veiliger en gesinsvriendeliker wees. Hy het ‘n oorsigbesoek gebring aan die FNB-stadion voor Saterdag se uitverkoopte Soweto-derby tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs. Dit volg op kommer oor skare-veiligheid, opeenhopings en toeskouergedrag tydens vorige derbies. McKenzie sê sommige van die voorgestelde […]
# Die Kaapstadse polisie het twee mans vasgetrek in verband met ʼn vermeende bedrogspul waar ʼn kamera op Facebook Marketplace geadverteer is. Die voorval het volgens berigte by die Riverlands-winkelsentrum in Observatory plaasgevind. Die klaer het gereël om die kamera aan voornemende kopers te oorhandig nadat hy ‘n bewys vir ‘n onmiddellike bankbetaling van 29-duisend-rand […]
# Cricket: Fast bowler Gerald Coetzee could play his first Test for South Africa in the series decider against Australia that gets underway in Cape Town today. He replaces fellow quick bowler Anrich Nortjé, who suffered a groin injury in the second encounter in Gqeberha, which the Proteas won by an innings and 31 runs […]
# Rugby: Newcastle Red Bulls’ forward Ollie Leatherbarrow could make his debut for Scotland in next month’s Nations Championship home fixtures. The 24-year-old was born in England, but qualifies for Scotland through his grandmother. Coach Gregor Townsend named a squad of 37 players. Scotland hosts the All Blacks on the seventh of November, followed by […]
# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, sê die metro sal optree teen amptenare wat nalatig was ten opsigte van die waterbesoedelingskrisis in Bronkhorstspruit. Sy het tydens ‘n besoek aan die gebied gesê interne en eksterne ondersoeke sal fokus op die tekort aan chloor, gebrekkige kommunikasie en die besluit om nie die betrokke aanleg te sluit […]
# Die voormalige apartheids-polisie-offisier Eugene de Kock beskuldig advokaat Anton Ackermann daarvan dat hy hom mislei het oor die gebruik van sy getuienis om senior apartheidsamptenare te vervolg. De Kock het voor die Waarheids- en Versoeningskommissie-ondersoek getuig Ackermann het hom ná sy vonnisoplegging in 1996 beloof daar sal opgetree word teen senior betrokkenes. Hy beweer […]
# President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 510 Weermag-soldate na KwaZulu-Natal goedgekeur te midde van betogings teen immigrasie in Durban. Die ontplooiing, wat sowat 34-miljoen-rand kos, vorm deel van Operasie Prosper en duur tot 30 November. Ramaphosa het die Parlement op 21 Oktober skriftelik van die besluit ingelig, soos die Grondwet vereis. Hy sê […]