Skip to content

VN sê burgerlike ongevalle in Oekraïne was vanjaar baie meer as verlede jaar

# Die Verenigde Nasies se Menseregte-monitorsending in Oekraïne sê daar was tot dusver vanjaar baie meer burgerlike ongevalle in die land as enige jaar sedert Rusland se volskaalse aanval in Februarie 2022. Twee-duisend-957 burgers is tussen Januarie en Oktober doodgemaak en 17-duisend-218 beseer, wat 63-persent meer is as dieselfde tydperk verlede jaar. Langafstand-wapens, missiele en hommeltuie het meer as die helfte van die ongevalle veroorsaak. Byna 18-duisend burgerlikes is sedert 2022 in Oekraïne doodgemaak en byna 58-duisend beseer.