# Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, ontken bewerings dat cholera die uitbreking van maag-en-dermverwante siektes in Bronkhorstspruit veroorsaak het en sê dis nie as oorsaak identifiseer nie. Moya beskuldig die DA se burgemeesterskandidaat, Cilliers Brink, daarvan dat hy die waterkrisis uitbuit vir politieke gewin. Sy sê hy maak misleidende bewerings oor cholera en hou aan […]
# ‘n Oud-polisiegeneraal is in hegtenis geneem nadat meer as 100 rondes polisie-ammunisie glo in sy besit gevind is. Die polisie se Nasionale Eenheid vir Onopgeloste Sake het in sy woning in Centurion, Pretoria, beslag gelê op dokumente en elektroniese toerusting wat verbind word met die ondersoek na die moord op luitenant-generaal Sindile Mfazi. Woordvoerder […]
# Die Namibiese Raad vir Vee en Vee-produkte sê vleispryse het op ʼn weeklikse basis met gemiddeld 12,78-persent gestyg weens groter vraag en beperkte aanbod. Dit volg nadat die Direktoraat van Veeartsenydiense die beweging van vee beperk het na die uitbreking van bek-en-klouseer. Desmond Cloete van die raad sê prosedures word hersien om regstreekse slagtery […]
# Soccer: Sarina Wiegman will stay with England’s women’s team for another three years after extending her contract until the end of 2029’s European Championship. The 56-year-old Dutchwoman took over in 2021 and led the team to its first major trophy in the championship the next year. England retained the title last year. They also […]
# Rugby: United Rugby Championship action returns this coming weekend after the first round of the Champions Cup and Challenge Cup. The Stormers, the Sharks and the Bulls won their matches, while the Lions and the Cheetahs came off short. The Sharks face Cardiff in Wales in Friday’s URC clash and the Lions play Edinburgh […]
# Oudpresident Thabo Mbeki sê bewerings dat hy geheime samesprekings met generaals uit die apartheidsera gevoer het om hulle teen vervolging te beskerm, is ‘n versinsel. Mbeki het voor die Khampepe-kommissie getuig hy het wel met veiligheidsmag-generaals vergader wat wou hê oudpresident FW de Klerk moes voor die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Amnestiekomitee getuig. Mbeki hou die […]
# ‘n Misdaadtoneel-deskundige het in die Kaapstadse Landdroshof getuig die hotelkamer waar Anele Tembe en haar kêrel, die kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes, tuisgegaan het was in ‘n wanordelike toestand. Die geregtelike doodsondersoek fokus op die omstandighede rondom Tembe se dood nadat sy in April 2021 van die tiende verdieping geval het. Die ondersoeker het getuig […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering oorweeg tans maniere om die druk van stygende brandstofpryse op verbruikers te verlig. Hy het tydens die Bana Pele-leiersberaad in Sandton, Johannesburg, egter gewaarsku alle verligtingsmaatreëls moet noukeurig oorweeg word teen die uitwerking daarvan op die staatskas en die land se reserwes. Ramaphosa sê enige verlaging in brandstofpryse […]
# Bangladesj eis antwoorde van Saoedi-Arabië nadat twee van sy burgers tereggestel is sonder om die regering vooraf in te lig. Die man en vrou is verlede week in Mekka tereggestel nadat hulle skuldig bevind is aan wat owerhede in Saoedi-Arabië ‘n onwelvoeglike daad binne ‘n moskee noem. Die aard van die oortreding is egter […]