# Die president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê groter mededinging in betalingsdienste kan vernuwing bevorder en koste verlaag, maar die wetsraamwerk moet bybly. Hy het tydens die Bank-betalingskonferensie gesê diensverskaffers buite die tradisionele banksektor behoort toegelaat te word om sekere dienste te bied sonder om aan dieselfde vereistes te voldoen. Kganyago sê die […]
# Motorsport: Die Italianer Kimi Antonelli kan dalk reeds dié naweek op die Amerikaanse Grand Prix sy eerste Formule Een-bestuurders-kampioenskap inpalm. Die Mercedes-jaer het sy voorsprong op die punteleer tot 102 punte vergroot, met sy Britse spanmaat George Russell in die tweede plek en landgenoot Lewis Hamilton van Ferrari in die derde plek. Om die […]
# Rugby: Springbok loose forward Kwagga Smith is reportedly on his way back to South Africa following the termination of his contract with Japanese club Shizuoka BlueRevs. The club announced this morning he will leave by mutual agreement. Thirty-three-year-old Smith moved to the Asian country in 2018 after leaving the Lions. Bulls head coach Johan […]
# Golf: Reigning US Open champion Wyndham Clark’s participation in December’s Nedbank Challenge in North West had been confirmed. He will join compatriot and two-time US Open champion Bryson DeChambeau as well as England’s Justin Rose, who won that tournament in 2013. The tournament tees off at Sun City’s Gary Player Country Club on the […]
# Die Buffalo City Munisipaliteit in die Oos-Kaap het Orientstrand en Oos-strand in KuGompo City tot verdere kennisgewing gesluit ná vanoggend se noodlottige haaiaanval op Orientstrand. Die slagoffer was volgens berigte ‘n bejaarde vrou wat saam met ‘n groep oopwaterswemmers geswem het. Die munisipaliteit vra strandgangers om uit die water te bly op die betrokke […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die besluit om borgtog te weier aan die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, stem ooreen met waarvoor die staat gepleit het. Woordvoerder Kaizer Kganyago sê die staat het ‘n sterk saak gestel. Sibiya word in die Randburgse Landdroshof in Gauteng aangekla van verkragting, die seksuele gereedmaking van ‘n minderjarige en […]
# Die olieryke provinsie Alberta gaan deel bly van Kanada nadat inwoners ‘n referendum oor onafhanklikheid verwerp het. Hulle is in die nie-bindende stemming gevra of hulle die huidige status wil behou of met ‘n regsproses wil begin wat vereis word vir ‘n bindende stemming oor onafhanklikheid. Ses-en-sewentig-persent het gestem ten gunste daarvan om deel […]
# Die Verkiesingskommissie het meer as 700 klagtes ontvang oor verkiesingsverwante inhoud voor volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing. Die meeste hou verband met plasings op X. Hoofverkiesingsbeampte Sy Mamabolo sê sommige behels die ongemagtigde gebruik van foto’s deur kunsmatige intelligensie geskep, maar het nog nie die verkiesingsomgewing noemenswaardig ontwrig nie. Die OVK het ‘n ooreenkoms […]
# Die voormalige adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is borgtog geweier in die Randburgse Landdroshof in Gauteng. Landdros Hleziphi Mkhasibe het gelas daar is nie voldoende redes vir sy vrylating nie. Sibiya staan tereg op aanklagte van seksuele gereedmaking van ‘n 16-jarige, die verkragting van ‘n 18-jarige vrou in ‘n Johannesburgse hotel in Mei en mensehandel. […]