# Rugby: Ses lede van die Junior Springbokspan wat aan vanjaar se Junior-wêreldkampioenskap in Georgië deelgeneem het, is onder 61 spelers wat gekies is vir die SA-onder-20-Akademiekamp in Stellenbosch van 23 tot 27 November. Hulle is die stutte Jordan Jooste en Luan van den Berg, die losvoorspelers Wasi Vyambwera en Gert Kemp, die skrumskakel Jayden Brits en die vleuel Jordan Steenkamp. Hoofafrigter Kevin Foote sê die fokus sal wees om hulle bekend te stel aan die wedstrydplan en die standaarde en verwagtinge om die Junior Bokke se verteenwoordig.
Rugby: Groep van 61 gekies vir SA Onder-20-akademiekamp