# Swaar reën en oorstromings het groot skade aangerig in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap. Meer as 200-millimeter reën is in die Bitou-munisipaliteit gemeet, insluitend 197-millimeter in Knysna. ‘n Sewe-en-dertigjarige vrou is in die dorp dood toe ‘n boom op haar motor geval het. Woordvoerder Herman Peters vra motoriste om hulle reise so ver moontlik […]
# Die vakverbond, Saftu, is verontwaardig oor die jongste brandstofprys-styging wat miljoene werkers en arm huishoudings in ʼn groter krisis dompel. Petrol het gister met drie-rand-27-sent per liter gestyg en diesel met vyf-rand-27-sent. ‘n Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê die regering moet die algemene brandstofheffing op petrol en diesel afskaf en ʼn tydelike ingryping instel om […]
# Cosatu in Johannesburg veroordeel die minister van Finansies, Enoch Godongwane, se onwilligheid om die betalingsraamwerk-ooreenkoms vir munisipale werkers in te stel. Die minister dreig om Stad Johannesburg se toelaagbefondsing te weerhou as die stad nie sy finansiële sake in orde kry nie. Hy eis ook ʼn verduideliking oor hoe die metro die tweejaar-salarisooreenkoms van […]
# Soccer: Defending champions Mamelodi Sundowns missed the chance to extend their lead at the top of the Premiership table, after being held to a 1-1 draw by Kaizer Chiefs at Loftus Versfeld. Amakhosi took the lead through Flavio Silva, and Sundowns’ Colombian striker Bryan Leon equalised in the 55th minute. The Brazilians are now […]
# Die Stad Tshwane sê Rand Water doen van ses uur vanaand tot ses uur môreoggend onderhoudwerk aan die Saulsville en Laudium meters. Die 12-uur infrastruktuur-onderhoud sal inwoners en sakeondernemings in Streke 3 en 4 raak. Die woordvoerder van die metro, Lindela Mashigo, sê die onderhoud maak deel uit van Rand Water se voortgesette onderhoud […]
# The World Health Organisation and the Africa Centres for Disease Control and Prevention are monitoring 82 passengers and six crew members who travelled on an Airlink flight from the Atlantic island of St. Helena to Johannesburg on April 25th. This comes after a 69-year-old Dutch woman, who was a passenger on the flight, died […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die voortslepende brandstof-prysstygings dryf die koste van vervoer en noodsaaklike goedere vinnig hemelhoog en plaas druk op huishoudings se inkomste. Lae-inkomste-huishoudings bestee tussen 40- en 50-persent van hul inkomste aan vervoer, wat ver bo die beleidskerf van tien-persent is. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê dringende verligtingsmaatreëls is […]
# Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, om ondersoek in te stel na die Suid-Afrikaanse Leërstigting. Twee senior amptenare, Errol Ramphele en Maria Barros, is ná ʼn ondersoek deur die Finansiële Sektor Gedragsowerheid belet en met meer as 44-miljoen-rand beboet omdat hulle ongemagtigde betalings aan hulself gemaak het. Chris […]
# Die GOOD-party sê die Stad Kaapstad se appèl teen die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor onwettige vaste tariewe vir skoonmaak, water en sanitasie, sal nie die bindende effek van uitspraak ophef nie. Die hof het die metro aangesê om die onwettige tariewe teen die einde van Junie af te skaf. Dis ook die […]