# Rugby: Defending champions Griquas secured a home Currie Cup semi-final with a convincing 38-14 victory over the Pumas at Mbombela Stadium last night. Griquas led 17-4 at half-time and dominated after the break, scoring five tries to the Pumas’ two. Zane Bester scored twice as Griquas strengthened their position at the top of the […]
# Rugby: Volgens statistiek is die All Blacks vanmiddag die gunstelinge om die eerste toets teen die Springbokke op Ellispark te wen, hoewel die wêreldkampioene die onlangse wedstryde oorheers het. Nieu-Seeland het 63 van hulle 110 vorige wedstryde gewen en vier was gelykop. Maar die Bokke het vyf van hulle laaste ses wedstryde gewen, insluitend […]
# Brittanje se Weerkantoor sê die ontwikkelende El Niño-weerpatroon kan die sterkste ooit in menseheugenis word. Voorspellings dui daarop dat see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan later vanjaar met meer as drie grade Celsius bo die gemiddelde kan styg. El Niño kan weerpatrone wêreldwyd ontwrig en die risiko van droogte, swaar reën en uiterste temperature verhoog, […]
# Die Zimbabwiese president Emmerson Mnangagwa sê infrastruktuurontwikkeling moet ‘n prioriteit bly in die versterking van ekonomiese samewerking met Suid-Afrika. Mnangagwa het tydens die Suid-Afrika-Zimbabwe bi-Nasionale Kommissie gevra vir die versnelde konstruksie van ‘n derde Limpopo-brug om handel en migrasie te verbeter. Hy het die vordering met die Beitbrug-eenstopgrenspos verwelkom en gevra vir sterk optrede […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg versoek om te verklaar Nkosazana Dlamini-Zuma het hom belaster met bewerings dat hy geld aan afgevaardigdes by die party se 2022-konferensie uitgedeel het. Mbalula het die bewerings ontken en sê dit het sy reputasie skade berokken. Hy wil hê Dlamini-Zuma moet […]
# Brigadier Dineo Mokwele van die SAPD se Misdaadintelligensiediens het die terugtrekking van bedrog- en korrupsieklagte teen haar en ses medebeskuldigdes in die Pretoria Landdroshof verwelkom. Die Nasionale Vervolgingsgesag het formeel alle aanklagte wat verband hou met Mokwele se aanstelling teruggetrek. Mokwele het haar familie, vriende, ondersoekbeamptes en die Madlanga-kommissie vir hul ondersteuning bedank en […]
# Die DA sê president Cyril Ramaphosa se Fase Drie regering-sake-vennootskap moet dringend optree om Suid-Afrika se ekonomiese krisis aan te spreek. Die partyleier Geordin Hill-Lewis verwelkom die teiken om die ekonomie met meer as drie-persent te laat groei. Hill-Lewis sê Suid-Afrika kan nie stadige hervormings bekostig nie, en vra vir duidelike spertye en aanspreeklikheid […]
# Die Stad Tshwane het gedurende die 2025/26 finansiële jaar twee-duisend-821 titelaktes aan begunstigdes oorhandig, wat huiseienaarskap bevorder en inwoners wettige eienaarskap bied. Die Metro sê titelaktes bied gesinne groter sekuriteit en sekerheid, terwyl dit bates skep wat aan toekomstige geslagte oorgedra kan word. Die Stad sê deur hul Titelakte Vrydag-inisiatief word die registrasie-agterstand opgelos […]
# Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, sê die getuienis van die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, laat vrae ontstaan of hy misbruik is of ‘n gewillige deelnemer was aan beweerde oortredings. Adams het die aantyging verwerp en gesê hy was nie willens en wetens betrokke nie en het niks finansieel […]