# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing ondersoek berigte van sardyne wat vrek langs die Wes-Kaapse kus, vanaf Saldanhabaai tot by Gansbaai. Wetenskaplikes het monsters vir toetsing versamel en waarnemers ontplooi om die omvang te bepaal. ‘n Skadelike algebloei is in Saldanhabaai opgespoor, maar geen oorsaak vir die vrektes is bevestig nie. Woordvoerder […]
# Die Gautengse polisie ondersoek twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle in die De Deur-polisiegebied in die Sedibeng-omgewing. Vier mans is gister in ‘n taverne in Thulamtwana doodgeskiet en ‘n vrou is gewond en hospitaal toe geneem. Twee mans is in ‘n afsonderlike voorval in Weilersfarm noodlottig geskiet. Die polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê niemand is in hegtenis […]
# Gholf: Die viermalige major-kampioen Ernie Els sal Suid-Afrika in Desember aanvoer in ‘n nuwe vertoontoernooi op Fancourt in George. Hulle sal teen ‘n wêreldspan te staan kom, gelei deur die tweemalige major-kampioen José Maria Olazabal van Spanje. Die voormalige Protea-krieketkaptein AB de Villiers en die gewese Springbok-rugby-ster Fourie du Preez is ook deel van […]