# Twee Europese vroue is na Libië geneem na hulle vrylating in Niger, waar hulle sowat 18-maande as gyselaars aagehou is. Die burgers van Oostenryk en van Switserland het in die oostelike Libiese stad Benghazi aangekom. Die Oostenrykse vrou, Eva Gretzmacher, is in Januarie verlede jaar ontvoer en die Switserse vrou, Claudia Abbt, in April. Bronne in Libië sê die vroue sal aan hul onderskeie lande se owerhede oorhandig word sodra die nodige administratiewe prosesse afgehandel is. Die omstandighede rondom hul vrylating is nog onduidelik.
Twee Europese vroue vrygelaat ná 18 maande in aanhouding in Niger