# Die Vereniging van Staatsamptenare veroordeel die Departement van Binnelandse Sake omdat hy na bewering versuim het om werknemers by die Durban-vlugtelingontvangssentrum in KwaZulu-Natal te beskerm. Claude Naicker van die PSA sê personeel is bevrees oor intimidasie, viktimisering, aanranding en lewensverlies in ‘n onbestendige omgewing, terwyl die Departement slegs administratiewe maatreëls instel. Hy sê die vrees strek verder as die werksplek en personeel is bekommerd hulle word geïdentifiseer en geteiken terwyl hulle na en van die werk reis. Die staatsdiensvakbond eis spesiale verlof en alternatiewe werksreëlings:
Staatsdiensvakbond veroordeel Binnelandse Sake oor gebrek aan beskerming vir personeel by vlugtelingsentrum [KLANK]
ENG NaickerOnRefugee