# Twee plaasaanvalle het kommer laat ontstaan oor landelike veiligheid in Stellenbosch en die Kaapse Wynland. Volgens berigte het ‘n hoogs-gekoördineerde aanval die naweek in die Klapmuts-gebied plaasgevind waar ses gewapende mans by ‘n plaashuis ingebreek, ‘n egpaar aangeval en vasgebind en waardevolle besittings gesteel het. Polisiewoordvoerder Frederick van Wyk het bevestig dat ‘n egpaar […]
# Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê die GO!Durban-busdiens sal in Desember in werking gestel word. Dit volg op ‘n ooreenkoms tussen die stad en die provinsiale en nasionale Departemente van Vervoer. Xaba sê die stad sal 22 busse aanskaf wat op die hoof GO!Durban-roete sal werk, terwyl toevoerroetes deur voertuigbedryf-ondernemings bedryf sal word:
# Die Beaufort-Wes-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê dit bly onduidelik wanneer watervoorsiening ten volle herstel sal wees nadat kitsvloede verlede week die hoofpypleiding beskadig het. Watertenkwaens van naburige munisipaliteite help intussen inwoners wat geraak word, terwyl ‘n gesamentlike bedryfsentrum noodreaksie bestuur. Die waarnemende munisipale bestuurder, Frans Sabbat, sê die pypleiding is steeds onder water, wat […]
# Die toonaangewende handelsliggaam Eurometal voorspel Europa kan teen einde vanjaar 300-duisend vervaardigingsposte verloor weens toenemende mededinging vanuit China. China se vervaardigingsuitvoere na die Europese Unie het die EU se handelstekort tot ‘n rekordvlak van 18,52-miljard-rand per dag laat styg. Eurometal se president, Alexander Julius, sê die probleem word vererger omdat Europese ondernemings hoë koolstofbelasting […]
# Die vakbond GIWUSA vra die regering om dringend ‘n omvattende nasionale klimaatnoodvoorbereidingsplan te publiseer oor die uitwerking van die komende Super El Niño. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Suid-Afrika sal na verwagting hierdie lente ‘n ondergemiddelde reënval en bogemiddelde temperature ervaar, namate ‘n sterk El Niño-verskynsel in die Stille Oseaan ontwikkel. GIWUSA se president Mametlwe […]
# Business Leadership South Africa sê sakevertroue bly ver agter, hoewel talle tekens daarop dui hervormings bou stukrag op. Sakevertroue het in die derde kwartaal tot 38-persent gedaal, met 62-persent van deelnemers wat ontevrede is met die heersende sake-omgewing. Uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso sê die belangrikste positiewe ontwikkeling is die Nasionale Tesourie wat voorstelle van […]
# Krieket: Australië het ʼn sterk groep van 16 spelers aangekondig vir volgende maand se reeks van drie toetse in Suid-Afrika. Kaptein Pat Cummins, Josh Hazlewood, Mitchell Starc en Nathan Lyon sal die boul-aanval lei, terwyl Steve Smith die kolwers lei. Die kolwer Marnus Labuschagne, wat tans nie op dreef is nie, het sy plek […]
# Die AmaZulu-koning Misuzulu kaZwelithini is omgekrap omdat hy uitgesluit word van groot geleenthede wat in KwaZulu-Natal gehou word, insluitend die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsberaad in Durban. By die uMkhosi Womhlanga, ook bekend as die Rietdans, by die eMachobeni koninklike paleis in Ngwavuma, het die koning gesê dit is oneerbiedig om hoëprofiel-geleenthede in sy provinsie aan te […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis ‘n ondersoek en het gedreig om die Verkiesingshof te […]