# United Africans Transformation vra dringende ingryping om die stygende misdaad in Tshwane aan te pak en sê gemeenskappe leef daagliks in vrees. Rani Mammushi van die party noem hoë vlakke van geweldsmisdaad, kapings, rooftogte, kabeldiefstal en dwelmsmokkelary in verskeie gebiede. Hy vra die ontplooiing van meer polisielede, die instelling van spesialis-misdaadbestrydingseenhede en verbeterde toesigstelsels. […]
# Rugby: Hoë pryse word beskou as ‘n moontlike rede waarom kaartjieverkope vir die All Blacks se toerwedstryde traag is. Pryse begin by 650-rand vir Vrydag se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad, en wissel vir die wedstryde teen die Haaie in Durban, die Bulle op Loftus en die Leeus op Ellispark. Kaartjies is ook […]
# Die dodetal in die huidige winter-inlywingseisoen het tot 48 gestyg, met 18 sterftes in Mpumalanga en 14 in die Oos-Kaap. Die adjunkminister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zolile Burns-Ncamashe, sê die owerhede is ook bekommerd oor die toenemende aantal sterftes in Noordwes, berigte van inlywings-verwante ontvoerings in Gauteng en die toenemende getal onwettige […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing ondersoek berigte van sardyne wat vrek langs die Wes-Kaapse kus, vanaf Saldanhabaai tot by Gansbaai. Wetenskaplikes het monsters vir toetsing versamel en waarnemers ontplooi om die omvang te bepaal. ‘n Skadelike algebloei is in Saldanhabaai opgespoor, maar geen oorsaak vir die vrektes is bevestig nie. Woordvoerder […]
# Die Gautengse polisie ondersoek twee afsonderlike noodlottige skietvoorvalle in die De Deur-polisiegebied in die Sedibeng-omgewing. Vier mans is gister in ‘n taverne in Thulamtwana doodgeskiet en ‘n vrou is gewond en hospitaal toe geneem. Twee mans is in ‘n afsonderlike voorval in Weilersfarm noodlottig geskiet. Die polisiewoordvoerder Brenda Muridili sê niemand is in hegtenis […]
# Gholf: Die viermalige major-kampioen Ernie Els sal Suid-Afrika in Desember aanvoer in ‘n nuwe vertoontoernooi op Fancourt in George. Hulle sal teen ‘n wêreldspan te staan kom, gelei deur die tweemalige major-kampioen José Maria Olazabal van Spanje. Die voormalige Protea-krieketkaptein AB de Villiers en die gewese Springbok-rugby-ster Fourie du Preez is ook deel van […]