Skip to content

BEGROTING: SAPRA verwelkom brandstofprysverligting in aanloop tot feesgety-reise

# Die Suid-Afrikaanse Brandstofkleinhandelvereniging verwelkom die brandstofprysverligting namate die feestyd nader kom. Woordvoerder Khwezi Makhathini sê die vermindering sal druk verlig op huishoudelike begrotings wat reeds gebuk gaan onder hoë lewenskoste en verligting bied aan motoriste wat langafstandreise beplan. Hy sê laer brandstofpryse sal ook die breër ekonomie bevoordeel deur vervoerkoste vir goedere en dienste te verlaag. Makhathini vra die regering om langtermyn-ingrypings te oorweeg om brandstof bekostigbaar en volhoubaar te hou.