# Taiwan waarsku teen moontlike verwoestende wind, swaar reën en gevaarlike kusgolwe terwyl die kragtige tifoon Champi nader aan die land beweeg. Die wind het op plekke reeds 227 kilometer per uur bereik, met meer as 200 vlugte in Taiwan en Japan wat gekanselleer is. Owerhede waarsku reënval van tot een meter is in die berge van Noord-Taiwan moontlik. Die tifoon raak ook Keen Sword, ‘n groot militêre oefening tussen die VSA en Japan, waarby nagenoeg 56-duisend personeel betrokke is. Amptenare sê opleidingskedules moet aangepas word om deelnemers teen die naderende storm te beskerm.