# Die Organisasie teen Belastingmisbruik vra die regering om dringend forensiese dienste te verbeter nadat bevindings wat in die Parlement voorgelê is, getoon het slegs 1,5-persent van die DNS-profiele is binne die 30-dae teiken verwerk. Byna 166-duisend DNS-verwysingsmonsters wag steeds op verwerking deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê dié vertragings knou ondersoeke na verkragting en die seksuele misbruik van kinders en veroorsaak dat slagoffers maande, of selfs jare, op geregtigheid moet wag:
OUTA eis optrede na slegs 1,5% van DNS-profiele betyds afgehandel is [KLANK]
ENG DuvenageOnTurnaroundTarget