# Golden Arrow-busdienste het die Kaapstadse Arbeidshof genader om ‘n beplande staking deur die Nasionale Vakbond vir Alle Sektore vanaf Donderdag te stop. Die vakbond sê die lede sal van middernag af staak oor verskeie kwessies, insluitend dissiplinêre prosesse. Die busmaatskappy betwis die bewerings en respekteer werkers se reg op wettige arbeidsoptrede, terwyl hulle ook […]
# ActionSA het gratis MyCiTi-busritte op weeksdae vir inwoners van Kaapstad belowe indien die party in die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November verkies word. Die party stel ‘n toeristeheffing van ongeveer ‘n 100-rand per nag op korttermynverblyf voor om die diens te help finansier. Hulle beplan ook om ‘n MyCape-kaart in te stel om MyCiTi, […]
# Motorsport: Die Nieu-Seelandse bestuurder Liam Lawson sal Isack Hadjar se Red Bull bestuur in hierdie naweek se Spaanse Grand Prix in Madrid. Die Fransman het nog nie herstel van ‘n polsbesering wat hom uit die vorige twee Formule Een-wedrenne gehou het nie. Lawson se plek by Racing Bulls sal deur die Japannese bestuurder Yuki […]
# Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis sê die party is gereed om met die regering saam te werk om ekonomiese groei te verbeter, maar sal voortgaan om druk uit te oefen vir vinniger en meer ambisieuse hervormings. Hill-Lewis voer aan die regering kan nie stadige hervormings bekostig terwyl miljoene mense werkloos bly nie. […]
# Die landbou-organisasie Saai sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens Saai plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor kan entstofproduksie en -voorsiening verbeter:
# Krieket: Australië wil privaat belegging in sy winsgewende Big Bash T20-liga vanaf die 2027/28-seisoen bekendstel, beginnende met die verkoop van die Melbourne Renegades. Krieket Australië sê afhangende van die uitkoms, sal hulle oorweeg om ander klubs op die mark te plaas onder ‘n selfbeskikkingsmodel. Renegades, wat die kompetisie in die 2018/19-seisoen gewen het, behoort […]
# Chaos het in die Johannesburgse Hooggeregshof uitgebreek toe die polisie na bewering beskuldigdes in die Cat Matlala-verhoor verhoed het om hul prokureurs te raadpleeg. Die beskuldigdes is volgens berigte in aanhoudingselle gedwing nadat die verrigtinge verdaag is, wat tot ‘n konfrontasie tussen verdedigingsadvokate, polisie en hofamptenare gelei het. Regter Cassim Moosa het ingegryp en […]
# Die Interministeriële-komitee sê hy prioritiseer optrede teen sowat twee-duisend-400 geboue regoor die metro’s wat nie aan die vereistes voldoen nie. Die geboue sluit gekaapte eiendomme in wat dikwels verbind word met misdaad soos dwelmhandel, mensehandel en onwettige handel. Die voorsitter van die komitee, Mmamoloko Kubayi, het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê die regering beplan om […]
# Die voorsitter van die Interministeriële-komitee, Mmamoloko Kubayi, sê migrasie-uitdagings moet deur wettige regeringsprosesse hanteer word en nie deur geweld of vergeldingsoptrede nie. Kubayi het Suid-Afrikaners tydens ‘n nuuskonferensi versoek om wetstoepassing te ondersteun, waninligting te verwerp en owerhede toe te laat om migrasie op ‘n wettige, ordelike en menslike manier te bestuur. Sy het […]