# Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê ses Suid-Afrikaners word steeds vermis na die verwoestende kitsvloede in Nepal en Tibet. DNS-profiele van hul familielede is na die Nepalese polisie en Interpol gestuur om te help om slagoffers te identifiseer, met Suid-Afrikaanse diplomatieke missies in Indië en China wat ook met die soektog help. […]
# Action Society het die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, versoek om ouers en versorgers beheerde toegang te gee tot inligting oor volwassenes wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings teen kinders. Die organisasie voer aan die geheimhouding rondom die nasionale register vir seksoortreders, stel ouers nie in staat om hul kinders […]
# Die DA in die Wes-Kaap vra veilige en betroubare openbare vervoer te midde van moontlike ontwrigting in Golden Arrow-busdienste. Dit volg nadat die hof ‘n interdik toegestaan het om ‘n beplande staking deur werknemers te voorkom. Die DA-lid, Nomafrench Mbombo, sê die Stad Kaapstad brei sy MyCiTi-dienste uit na gebiede soos Khayelitsha, Lansdowne en […]
# Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op ‘n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het op ‘n maandelikse grondslag […]
# Huidige data van die Sentrale Energiefonds dui op groot brandstofprysstygings volgende maand, wat petrolpryse na ‘n rekordhoogtepunt kan opjaag en dieselpryse laat styg tot naby die rekordhoogtepunt in Mei. In hierdie stadium kan petrolpryse op 7 Oktober met ongeveer twee-rand-vyf-sent styg, en dieselpryse kan met tussen een-rand-65- en een-rand-98-sent per liter styg. Dit word […]
# Suid-Afrika en Saoedi-Arabië wil toerismebande verder versterk, insluitend met meer regstreekse vlugte tussen die twee lande. Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, sê gesprekke sluit vlugte na Johannesburg en pelgrimstog-dienste na Kaapstad in. Sy sê Saoedi-Arabië is een van 30 lande wat Suid-Afrika se elektroniese reismagtigingstelsel dek en reisigers uit dié land toelaat […]
# Researchers say evidence from Indonesia suggests humans may have been using psychoactive plants as far back as 25-thousand years ago. The study focuses on ancient plant remains discovered in a cave on the island of Sulawesi, including traces of naturally occurring substances that can affect the brain. Scientists say the findings could push back […]
# Ysland se regering gaan in Februarie ‘n wetsontwerp indien om walvisjag te verbied. Indien dit aanvaar word, sal Noorweë en Japan die enigste twee lande ter wêreld wees wat steeds kommersiële walvisjag beoefen. Walvisjag in Ysland veroorsaak reeds jare versetoptrede deur diereregte-aktiviste en Hollywood-bekendes. Die Internasionale Walviskommissie se vangrekords dui aan slegs Ysland, Noorweë […]
# At least 20 people have died in a fire that broke out on a cargo ship in the eastern Chinese port city of Qingdao. The blaze started mid-morning and was brought under control several hours later. State media says the vessel was carrying cargo when the fire began, and several people were trapped on […]