# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Julie met 1,1-persent gestyg teenoor dieselfde maand verlede jaar. Kos en drank, asook petroleum en chemiese produkte, was van die grootste bydraers tot die groei. Seisoensaangepaste produksie het van Junie af ook met 2,2-persent gestyg. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê vervaardigingsverkope het met 3,9-persent in Julie gestyg […]
Atletiek: Prysgeld van meer as 160-miljoen rand is op die spel tydens Wêreldatletiek se Ultimate kampioenskap, wat vandag in Boedapest in Hongarye begin. Sowat 380 atlete neem deel, waaronder ses Suid-Afrikaners. Die mans-wêreldrekordhouer in paalspring, die Sweeds-Amerikaanse atleet Mondo Duplantis, is een van die groot trekpleisters. Daar is geen kwotastelsel vir lande nie, met deelname […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê inwoners moet voordeel trek uit CapeNature se gratistoegangsweek van 19 tot 25 September. Algemene dagbesoekersfooie sal nie by deelnemende reservate gehef word nie, sodat mense aktiwiteite soos stap, bergfietsry, voëlkyk en piekniek gratis kan geniet. Dave Bryant van die DA sê meer as nege-duisend mense het tydens verlede […]
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Narend Singh, sê die regering verskerp pogings om uitheemse en indringerspesies op die Tuinroete in die Wes-Kaap aan te pak. Hy het ‘n operasie in Plettenbergbaai bekendgestel om plase en eiendomme te inspekteer en nakoming van omgewingswette te ondersoek. Tussen 2021 en verlede jaar is meer […]
# Die Stad Johannesburg het inwoners aangeraai om gereeld hul waterverbruik te monitor en lekkasies op te spoor om onverwagte hoë rekeninge te vermy. Die stad sê inwoners moet lekkasies buite hul eiendomme onmiddellik aanmeld, terwyl lekkasies binne eiendomme gewoonlik die verantwoordelikheid van die eienaar is. Kliënte word ook aangemoedig om hul meterlesings na te […]
# Standard Bank waarsku die droë toestande gekoppel aan die 2026/2027 El Niño-verskynsel, kan gewasse, vee, voedselpryse en die breër ekonomie beïnvloed. Die bank sê droogte, hitte en laer reënval kan druk op boere en watervoorrade plaas. Hy sê dit kan ook lei tot hoër voedselkoste en kan ekonomiese groei beïnvloed. Louis van Ravesteyn van […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die Departement sal volgende week ‘n versoek om inligting publiseer vir die herontwikkeling van die gebied romdom Telkom Towers in Pretoria. Die projek sal na verwagting tot 2,2-miljard rand kos en meer as vyf-duisend-300 geleenthede vir konstruksiewerkers skep. Planne sluit ook die Openbare Werke-gebou […]
# Forum for South Africa sê die regering moet die slaagvereistes vir matriek verhoog, en sê ‘n 30 persent-slaagsyfer in sommige vakke is te laag. Die Forum beplan om ‘n Wiskunde-program vir grade vier tot sewe in werking te stel om leerders se vaardighede te verbeter voordat hulle matriek bereik. Tebogo Mashilompane van die Forum […]
# Krieket: Die Proteas Mans kan vandag die eendagreeks van drie wedstryde teen Namibië in die land se hoofstad, Windhoek, beklink. Die nuweling Jordan Hermann was Suid-Afrika se uitblinker in die eerste kragmeting Woensdag en het 150 lopies van 126 balle gemoker , terwyl Tony de Zorzi 72 lopies bygedra het. Die Proteas het op […]