# COSATU hervat sy 15de Nasionale Kongres vandag tot Donderdag in Kemptonpark aan die Oos-Rand in Gauteng.Die tema is, “Die bou van ‘n militante, revolusionêre arbeidsbeweging en die versterking van anti-imperialistiese werkersklas-eenheid om werksgeleenthede te beskerm en sosialisme te bevorder.” COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê meer as een-duisend-800 afgevaardigdes woon dit by. Die kongres […]
# Die Parlement se staande komitee oor Finansies is bekommerd oor ongeveer 19 munisipaliteite wat sowat 1,7-miljard-rand in agterstallige pensioenfondsbydraes skuld. Munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes is verantwoordelik vir 79,4-persent van die algehele bedrag. Die voorsitter, Joe Maswanganyi, sê die komitee sal met die ministers van Finansies en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, die […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra of regeringsondersteuningsprogramme werklik toestande in sukkelende munisipaliteite verbeter. Sy kommer volg ná ‘n onlangse vergadering waartydens die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake berig het dat hy 86-persent van sy jaarlikse prestasieteikens bereik het, ondanks voortdurende probleme met water- en riooldienste en swak infrastruktuurbesteding. Woordvoerder, Sydney Baloyi, sê hierdie […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Gesondheid en Welstand, Mireille Wenger, het Suid-Afrika se eerste beloningsprogram vir gebruikers van openbare gesondheidsdienste bekendgestel. WOWRewards sal as ‘n langtermyn-projek in Westridge in Mitchells Plain begin om te toets of aansporings ‘n gesonder leefstyl en vroeë toegang tot voorkomende gesondheidsorg aanmoedig. Wenger sê die program het ten doel om […]
# Eskom toon steeds bedryfsverbeterings in sy kragopwekkingsvloot, met sy energie-beskikbaarheidsfaktor op 68,2-persent tot dusver hierdie boekjaar, die hoogste vlak in ses jaar. Woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die prestasie weerspieël volgehoue bedryfsverbeterings en strukturele ingrypings wat op Eskom se kragopwekkingsvloot toegepas is. Mokwena sê Eskom se voortgesette fokus op bedryfsverbeterings sal ‘n kernrol speel in […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se besluit om die riglyne oor asielsoekers terug te trek ná ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof. Die komitee wil nou dringend duidelikheid kry oor hoe die uitspraak in praktyk toegepas gaan word en gaan ‘n spesiale vergadering belê. Die departement […]
# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het die derde ronde van die Sjanghai Meesterstoernooi gehaal nadat hy gister vir Juan Manuel Cerundolo van Argentinië met 6-3 en 6-3 geklop het. Die tweede gekeurde speler het slegs 66 minute nodig gehad om sy eerste wedstryd te wen nadat hy in die eerste ronde ‘n loslootjie ontvang […]
# Die Jacob Zuma-stigting se woordvoerder, Mzwanele Manyi, het skerp kritiek uitgespreek teen wat hy noem, die oormatige mediabelangstelling in oudpresident Jacob Zuma se behandeling in die hospitaal. Manyi het in ‘n plasing op X gevra waarom Zuma se gesondheid soveel meer aandag geniet as die van adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê die media wakker […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, sê vyandigheid teenoor buitelanders kan nooit as ‘n verskoning dien vir geweld, plundering, brandstigting of intimidasie nie. Sy sê mense het die reg om vreedsaam te betoog en hul stem te laat hoor, maar niemand het die reg om die wet in eie hande te neem of wettige […]