# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede is bekommerd oor onreëlmatige besteding, herhaalde tekorte en dubbele besteding op konsultante by die Kommissie vir Geslagsgelykheid. Die komitee bevraagteken ook tekortkomings in die bevestiging van prestasie-inligting en eis verduidelikings oor navorsingsposte wat steeds vakant is. Lede van die komitee vra strenger […]
# Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, verwelkom die inhegtenisneming van ‘n pastoor wat na bewering betrokke was by die moord op ‘n vier-maande-oue baba. Die 36-jarige verdagte is Saterdag in Diepsloot aangekeer en sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Atteridgeville verskyn. Sy twee vroue het Vrydag in die hof verskyn. Woordvoerder van die […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie het ernstige kommer uitgespreek oor voorstelle om werkers se verteenwoordiging op pensioen- en beleggingsfonds-rade te beëindig. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se voorstelle kan werkers se inspraak oor hul pensioengeld ondermyn. Die vakbond sê pensioengeld is uitgestelde inkomste waarop werkers geregtig is. Cembi […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysunie verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se uitspraak wat die hervatting van COSATU se 15de Nasionale Kongres moontlik maak. Die kongres hervat vandag in Kemptonpark, Ekurhuleni en duur tot Donderdag om uitstaande sake af te handel. SADOU se woordvoerder, Nomusa Cembi, sê die uitspraak is ‘n oorwinning vir werkers se demokrasie, […]
# Die United Progressive People Alliance het die 2026 matrieks sterkte toegewens met hul eindeksamen wat Dinsdag begin. Umalusi het bevestig sowat 1,08-miljoen kandidate is geregistreer om die eksamen af te lê in nege-duisend-183 sentrums landwyd. Woordvoerder, Abel Tau, het erkenning gegee aan die harde werk, opofferings en deursettingsvermoë wat matrieks getoon het om hierdie […]
# Die DA in Gauteng sê onlangse krag- en elektriese onderbrekings wat Rand Water se Zuikerbosch-waterbehandelingsaanleg en die Palmiet-stelsel geraak het, lê die kwesbaarheid van die provinsie se waterinfrastruktuur bloot. Die DA-lid Nico de Jager sê dit is onaanvaarbaar dat ‘n enkele elektriese fout miljoene inwoners en ondernemings in Johannesburg en omliggende munisipaliteite se watervoorsiening […]
# ActionSA het kritiek uitgespreek oor die gebrek aan voltooide bekostigbare behuisingsprojekte in Kaapstad se middestad nadat die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, erken het geen so ‘n projek is sedert 2017 voltooi nie. Die party sê Winde het aangedui verskeie bekostigbare- en maatskaplike-behuisingsprojekte word beplan, maar nie een is in bykans ‘n dekade voltooi nie. […]
# Die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, sê Suid-Afrika bly ‘n grondwetlike demokrasie waar die oppergesag van die reg geld. Sy sê kwessies rakende asielsoekers, migrasie en grensbestuur moet volgens die wet opgelos word. Dit volg nadat 30 mense sedert Donderdag in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem is, insluitend persone […]
# COSATU hervat sy 15de Nasionale Kongres vandag tot Donderdag in Kemptonpark aan die Oos-Rand in Gauteng.Die tema is, “Die bou van ‘n militante, revolusionêre arbeidsbeweging en die versterking van anti-imperialistiese werkersklas-eenheid om werksgeleenthede te beskerm en sosialisme te bevorder.” COSATU se woordvoerder, Zanele Sabela, sê meer as een-duisend-800 afgevaardigdes woon dit by. Die kongres […]