# Rugby: Die Stormers word geïnspireer deur Westelike Provinsie se span van 1976 wanneer hulle Vrydag in Kaapstad teen die All Blacks speel in die eerste toerwedstryd. Dis 50 jaar nadat die tuisspan laas teen Nieu-Seeland gespeel het, en 12-11 gewen het op Nuweland. Hulpafrigter Rito Hlungwani sê die huidige spelers het ‘n aanbieding gesien […]
# Die EFF in Gauteng het Wonderful Segolodi as hul burgemeesterskandidaat vir Mogale City aangekondig in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die provinsiale voorsitter, Nkululeko Dunga sê Segolodi, ‘n gemeenskapsleier wat in Kagiso gebore is, het meer as ‘n dekade se ondervinding in munisipale bestuur en gemeenskapsontwikkeling. Segolodi se rekord sluit […]
# Johannesburg se vullisverwyderingskrisis het vererger namate stortingsterreine kapasiteit bereik, depot-protesoptogte bedrywighede ontwrig en finansiële beperkings dienste belemmer. Pikitup sê vullisverwydering word beïnvloed deur protesoptogte deur kontrakwerkers wat permanente poste eis, terwyl hul jongste verslag waarsku slegs twee stortingsterreine bly oor, met albei wat na verwagting binne ‘n jaar vol gaan wees. Die entiteit staar […]
# Die Film- en Publikasieraad sê hulle ondervind toenemende uitdagings met die beoordeling van materiaal oor seksuele misbruik van kinders as gevolg van beperkte tegnologie en die toenemende hoeveelheid inhoud. In ‘n inligtingsessie voor die Parlement se portefeuljekomitee oor Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het die raadsvoorsitter, Zama Mkosi, gesê die raad benodig ‘n outomatiese stelsel […]
# Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Yusuf Cassim, sê studente moet die finansiële ondersteuning ontvang wat aan hulle belowe is om hulle te help om klaar te studeer. Cassim het tydens ‘n besoek aan die Vervoeronderwys- en Opleidingsowerheid in Randburg gesê klagtes oor vertragings in beursbetalings en vakleerlingskaptoelaes het tot die besoek aanleiding […]
# Gholf: Die verdedigende kampioen, Jayden Schaper, die opkomende ster Casey Jarvis en nog ‘n Suid-Afrikaner, Dean Burmester, het almal ingeskryf vir die tiende Mauritius-ope in Desember. Die gewese kampioen, Antoine Rozner van Frankryk, sal ook meeding om die prysgeld van 25-miljoen-rand. Schaper en Jarvis is albei op koers om volgende jaar hulle PGA-toerkaarte te […]
# AfriForum het die Hooggeregshof in die Wes-Kaap getuig onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik terwyl hulle voortgaan met die regsgeding teen die Onteieningswet. Die burgerregte-organisasie voer aan sleutelbepalings van die wet skend die Grondwet en moet geskrap of gewysig word. Ernst van Zyl van AfriForum sê hulle sal aanhou veg om eiendomsregte te beskerm. Die […]
# Die raad van die Openbare Beleggingskorporasie het sy uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, in sy posisie heraangestel, en daarmee sy voorsorgskorsing beëindig. Dlamini is vroeër vanjaar op verlof geplaas terwyl bewerings teen hom ondersoek is. Die raad sê ‘n onafhanklike ondersoek het geen bewyse van wangedrag gevind wat dissiplinêre stappe regverdig nie. Dlamini sal met […]
# Die president van Suid-Korea, Lee Jae Myung, het die land se rekord hittegolf tot ‘n nasionale ramp verklaar nadat die dodetal tot 19 gestyg het. Owerhede sê 13 van die slagoffers was 80 jaar of ouer. Temperature het tot ‘n rekord 42,5-grade Celsius in die suidoostelike stad Yangsan gestyg, terwyl Seoel steeds onder sy […]