# Rugby: Die Italiaanse afrigter, Gonzalo Quesada, verwelkom die Springbokke se besluit om hul sterkste beskikbare spelers te kies vir Saterdag se Nasieskampioenskap-kragmeting in Turyn, en sê dis ‘n teken van respek. Quesada sê hy is trots Rassie Erasmus het sy beste span gekies, al moet hulle volgende week teen Frankryk speel. Die besluit het […]
# Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê meer as 80-persent van die kiesers vertrou die Verkiesingskommissie ná die munisipale verkiesing hierdie week. Benjamin Roberts van die Raad sê die opname toon 81-persent van die kiesers het die OVK vanjaar vertrou, terwyl 83-persent glo hul stemme sal korrek getel word:
# Twee kinders is dood en 16 mense beseer nadat ‘n bus met skoolkinders vanoggend in die ooste van Frankryk naby die dorp Lent, noordoos van Lyon, in ‘n ongeluk was. Die voertuig het volgens berigte van die pad afgery en teen ‘n boom gebots. Drie van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand. Aanklaers […]
# Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê die plaaslikeregeringsverkiesing van 4 November was vry en regverdig. ’n Opname onder meer as 13-duisend kiesers toon dat 90-persent geglo het die verkiesings was vry, en 91-persent het gesê dit was regverdig. Die meeste kiesers was ook tevrede met die diens wat deur verkiesingsbeamptes gelewer is. Benjamin Roberts […]
# Die Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, verwelkom die skuldigbevinding van ‘n man wat vyftig beskermde papegaai-eiers uit Suid-Afrika wou smokkel. Hy is op O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng vasgetrek toe hy probeer het om die land met die eiers te verlaat. Maynier sê die Thaise burger is tot vyf […]
# ActionSA sê hy is bereid om ná die plaaslikeregeringsverkiesing met enige politieke party te onderhandel om ’n verdere termyn van vyf jaar vir Tshwane se burgemeesterskandidaat Nasiphi Moya te verseker. Die nasionale voorsitter van ActionSA, Michael Beaumont, sê potensiële koalisievennote moet hulle verbind tot dienslewering, politieke bestendigheid, die bekamping van korrupsie en die aanspreek […]
# Die ekonoom verbonde aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool, Raymond Parsons, sê vanjaar se plaaslikeregeringsverkiesing het ‘n positiewe sein aan beleggers gestuur, wat toon vrye en regverdige verkiesings is goed vir die ekonomie. Parsons sê die uitslae bevestig ‘n verdere verskuiwing na veelparty-koalisies in munisipaliteite, en koalisie-onderhandelinge moet politieke bestendigheid verseker as plaaslike ekonomiese ontwikkeling […]
# Two children have been killed and 16 people injured after a bus carrying school children crashed in eastern France this morning. The accident happened near the town of Lent, north-east of Lyon, when the vehicle reportedly left the road and struck a tree. Three of the injured are in a critical condition. Prosecutors say […]
# Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, beskryf hulle eerste deelname aan die verkiesing as ‘n strategiese weerspieëling en belangrike beginpunt vir toekomstige groei. Hy het in Midrand, Gauteng, gesê BOSA het verteenwoordiging verseker in al die metro’s en verskeie distriksmunisipaliteite. Maimane sê die party sal die uitslae aanwend om sy strukture te […]