Skip to content

DA sluit koalisie-ooreenkoms om beheer oor Emfuleni te neem

# Die Demokratiese Alliansie het ‘n koalisie-ooreenkoms met vyf ander partye onderteken om beheer oor die sukkelende Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng oor te neem. In ‘n eksklusiewe gesprek met News24 het die burgemeesterskandidaat van die DA, Kingsol Chabalala, bevestig die koalisie beskik oor 47 setels in die raad van 90 lede, wat aan hulle die meerderheid gee. Die vennote is die Vryheidsfront Plus, Afrika Mayibuye Movement, African Transformation Movement, Active Citizens of South Africa en Tau Di A Rora. Chabalala sê die nuwe administrasie sal prioriteit gee aan die verbetering van professionele standaarde, die herstel van doeltreffende bestuur en die uitroei van korrupsie.