Skip to content

Suid-Afrikaanse ster Tyla skitter op wêreldverhoog tydens Amerikaanse musiektoekennings

# Die Johannesburg-gebore sangeres Tyla het twee toekennings losgeslaan op die 52ste Amerikaanse musiektoekennings in Las Vegas. Sy het sterre soos Burna Boy en Wizkid geklop toe sy die toekenning vir Beste Afrobeats wen, en haar treffer Chanel is aangewys as Sosiale Liedjie van die Jaar. Tyla is die eerste internasionale kunstenaar wat hierdie toekenning wen. Die treffer is reeds meer as 354-miljoen keer gestroom op Spotify en het Tyla die eerste Afrika-kunstenaar gemaak om verskeie top-tien treffers op die wêreldwye Spotify-trefferlys te behaal.